Hoërskool Hartbeespoort
- 6 active jobs (view)
- hsharties.co.za
Description
HOËRSKOOL HARTBEESPOORT
WISKUNDE GR.8 - 12
Hoërskool Hartbeespoort nooi passievolle en dinamiese onderwysers uit om aansoek te doen vir ’n pos in Wiskunde vir Graad 8–12. Ons is ’n trotse skool wat waarde heg aan gehalte onderrig én entoesiastiese betrokkenheid by buitemuurse aktiwiteite. As jy ’n liefde vir die onderwys het, is hierdie die ideale geleentheid vir jou!
Vereistes:
- Onderrigtaal: Afrikaans/Engels (Dubbelmedium)
- SACE registrasie
- Buitemuurse betrokkenheid
'n Hoogs kompeterende vergoedingspakket word aangebied!
Stuur CV's na hoof@hsharties.co.za
Sluitingsdatum: 9 Oktober 2026
Aanvangsdatum: 11 Januarie 2027
