- 1 active job (view)
- www.hshopefield.co.za
Description
HOËRSKOOL HOPEFIELD
ONS DOEN DIE GEWONE DINGE BUITENGEWOON
Leerondersteuning (Beheerliggaampos)
Die volgende is vereistes vir die pos:
- B. Ed Grondslagfase/Kwalifikasie in remediërende onderrig
- Bewese ervaring in leerderondersteuning
- Kennis van konsessies asook die aanmeldings- en
verwysingsprosedures - Bewese rekenaarkennis- en vaardighede noodsaaklik
- Goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels
(mondeling en geskrewe) - SARO sertifikaat
Verantwoordelikhede:
- Leerondersteuning in die laerskool
- Aanmeldings: kennis van SIAS-dokumente/proses asook integrasie van die ondersteuningsprogram met KABV
- Skolastiese assesserings
- Betrokkenheid en bestuur van SGOS-afdeling
- Samestelling en bestuur van IOOP’e
Algemeen:
- Busvervoer vanaf omliggende Weskusdorpe beskikbaar
- Koshuisverblyf beskikbaar
- Geldige voertuiglisensie ‘n sterk aanbeveling
Diensaanvaarding: 1 Junie 2026
Hoërskool Hopefield akkommodeer leerders van die Hopefield- en
Weskusomgewing en is ‘n toonaangewende skool aan die Weskus
met uitstekende akademiese, sport- en kultuurprestasies. Die dorp
is ongeveer 120km noord van Kaapstad geleë.
Word deel van ‘n HSH-span met ‘n trotse tradisie van
uitnemendheid!
Sluitingsdatum: 20 April 2026
Indien u teen 24 April 2026 nie deur die skool gekontak is nie,
moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Doen aansoek by:
Die Skoolhoof, Hoërskool Hopefield,
Tel nr: 022 723 0040
Epos: hsh@sandveld.net
Besoek ons webwerf op www.hshopefield.co.za
